Bob Saget
Bob Saget was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Dumb and Dumberer: When Harry Met Lloyd (2003), Farce of the Penguins (2006), en Entourage (2015), en in die televisiereeks Full House (1987).
2022 Saoedi-Arabiese Grand Prix
Die 2022 Formule Een Saoedi-Arabiese Grand Prix is op 27 Maart 2022 op die Djedda-straatrenbaan gehou, en was die 1059ste byeenkoms van die Formule 1-wêreldkampioenskap sedert 1950 gewees. Dit was die tweede uitgawe van die Grand Prix van Saoedi-Arabië vir die Formule 1-wêreldkampioenskap en die tweede rondte van die 2022-kampioenskap.
2022 Miami Grand Prix
Die 2022 Formule Een Miami Grand Prix het op 8 Mei 2022 op die Miami International Autodrome plaasgevind, en was die 1061ste byeenkoms van die Formule 1-wêreldkampioenskap sedert 1950 gewees. Dit was die eerste uitgawe van die Miami Grand Prix vir die Formule 1-wêreldkampioenskap en die vyfde rondte van die 2022-kampioenskap.
2022 Monaco Grand Prix
Die 2022 Formule Een Monaco Grand Prix is op 29 Mei 2022 op die Monaco-renbaan in Monte Carlo gehou. Dit was die sewende ren van die kampioenskapseisoen gewees.
Nederlandse nasionale sokkerspan
Die Nederlandse nasionale sokkerspan is die mans-sokkerspan wat Nederland in internasionale kompetisies verteenwoordig.
Lys van Superrugbyrekords
Hierdie lys van Superrugbyrekords is ’n lys van rekords van die Superrugbykompetisie wat in 1996 begin het, voorheen bekend as Super 12 en Super 14, na ’n ooreenkoms tussen SANZAR en News Limited.
Nederland
Nederland, informeel Holland, is 'n land in die noordweste van die Europese vasteland en bestaan uit 12 provinsies. Dit word begrens deur die Noordsee in die noorde en weste, België in die suide en Duitsland in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die Verenigde Koninkryk. Die hoofstad is Amsterdam en die regeringsetel is Den Haag. Die Karibiese eilande Bonaire, Saba en Sint Eustatius maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande Aruba, Curaçao en Sint Maarten vorm Nederland die Koninkryk van die Nederlande. Die land se amptelike taal is Nederlands, met Wes-Fries as 'n tweede ampstaal in die provinsie Friesland, en Engels en Papiaments as sekondêre ampstale in die Karibies Nederland. Nederlandse Nedersaksies en Limburgs is erkende streekstale, terwyl Romani en Jiddisj erkende minderheidstale is.
Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk
Elizabeth II is die koningin van die Verenigde Koninkryk en 14 ander onafhanklike state en hul oorsese gebiede.
Rafael Nadal
Rafael "Rafa" Nadal Parera is 'n Spaanse professionele tennisspeler. Hy beklee tans die wêreld se no. 4-posisie en is 'n veertienmalige Franse Ope-enkelspelkampioen, tweemalige kampioen by Wimbledon, viermalige kampioen by die VSA-Ope en een keer kampioen by die Australiese Ope (2009). Hy het altesaam reeds 20 Grand Slam-enkelspeltitels verower.