Aja (aktrise)
Aja was 'n Amerikaanse aktrise en regisseuse. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Wild in the Woods (1988), Playing with a Full Dick (1988), en Sexual Healer (1991).
Angelique Rockas
Angelique Rockas is 'n Grieks-Suid-Afrikaanse aktrise; 'n pionier van multirassige en multinasionale teaterproduksies in Londen gedurende die dekade van 1980. Die naam van haar teatermaatskappy was Internationalist Theatre met Athol Fugard as beskermheer.
Spanje
Spanje, amptelik die Koninkryk Spanje, is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande langs die weskus van Noord-Afrika, asook die eksklawes Ceuta en Melilla in Noord-Afrika, wat deur Marokko omring word, maak deel uit van Spanje se staatsgebied.
Pous Nicolaas II
Nicolaas II was die 155ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Julius II
Pous Julius II was die 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1503 tot 1513. Sy bynaam was "Il Papa Terribile" .Sy pontifikaat is gekenmerk deur 'n aggressiewe buitelandse beleid, ambisieuse bouprojekte en die bevordering van die skone kunste.
Pous Innocentius XII
Innocentius XII was die 242ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1691 tot 1700. Hy het die pos van kardinaal-nepoot afgeskaf en het nepotisme en simonie in die Kerk probeer uitroei.
Papoea-Nieu-Guinee
Papoea-Nieu-Guinee, amptelik die Onafhanklike Staat Papoea-Nieu-Guinee, is ’n eilandstaat in Oseanië net suid van die ewenaar met ’n oppervlakte van 462 840 km² en ’n bevolking van 8 606 323 in 2018. Papoea-Nieu-Guinee is oos van Indonesië, suidoos van Palau, suid van die Gefedereerde State van Mikronesië, wes van Nauru en die Salomonseilande en noord van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Moresby wat in die suide van die land langs die Koraalsee geleë is en die Nasionale Hoofstaddistrik vorm.
Julia Garner
Julia Garner is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol as as Ruth Langmore in die Netflix misdaad drama reeks Ozark (2017–hede), waarvoor sy besondere goeie resensies ontvang het en twee Primetime Emmy-toekennings gewen vir "Outstanding Supporting Actress in a Drama Series" in 2019 en 2020 bykomend tot een Golden Globe-prys nominasie in 2020 vir "Best Supporting Actress – Television".
Lionel Messi
Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Franse sokkerklub Paris Saint-Germain speel. Die aanvaller speel sedert 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga. Hy het die bynaam te danke aan sy lengte en snelheid.