1 September
<< 13 | September 2021 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
1 September is die 244ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (245ste in skrikkeljare). Daar volg nog 121 dae in die res van die jaar.
Gebeure

Foto van 'n trekduif in 1898
- 827 – Pous Valentinus volg Pous Eugenius II op. (Waarskynlike datum).
- 1181 – Pous Lucius III volg Pous Alexander III op.
- 1271 – Pous Gregorius X volg Pous Clemens IV op.
- 1681 – Pous Innocentius XI stel 16 nuwe kardinale aan waaronder Antonio Pignatelli del Rastrello (later Pous Innocentius XII).
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Hyacintha van Mariscotti salig.
- 1905 – Alberta en Saskatchewan word provinsies binne die Kanadese Konfederasie.
- 1914 – Die laaste trekduif sterf in 'n Amerikaanse dieretuin.
- 1923 – Groot Kanto aardbewing verwoes Tokio en Jokohama – ongeveer 100 000 mense sterf.
- 1939 – Nazi-Duitsland val Pole binne met aanvalle op Wielun en Westerplatte – die direkte aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog.
- 1969 – In Libië word koning Muhammad Idris I as-Sanusi se bewind omver gewerp in 'n militêre staatsgreep onder Moeammar al-Ghaddafi.
- 1972 – Bobby Fischer word die eerste Amerikaner wat die Wêreld-skaakkampioentitel verower.
- 1983 – Die handelslugredery-vliegtuig Korean Air Vlug 7, met 246 passasiers en 23 bemanningslede aan boord, word deur 'n Sowjet Soechoi Su-15 vegvliegtuig afgeskiet.
- 1985 – Die Suid-Afrikaanse regering skort betaling van alle buitelandse skuld op.
- 1986 – Liechtenstein betree die Europese Vryhandelsvereniging.
- 1991 – Oesbekistan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1995 – Richard Barbrook en Andy Cameron se essay; The Californian Ideology word in Mute tydskrif gepubliseer, waarin die konsep Kaliforniese ideologie, vir die eerste keer uiteengesit word.
- 2009 – Fidji se lidmaatskap van die Britse Statebond word opgeskort.
Geboortes
- 1711 – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste oorerflike stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland († 1751)
- 1864 – Roger Casement, Ierse nasionalis († 1916).
- 1845 – Paul Methuen, Britse krygsman († 1932).
- 1851 – Sir Godfrey Lagden KCMG KBE, 'n Britse koloniale administrateur in Afrika († 1845).
- 1875 – Edgar Rice Burroughs, Amerikaanse skrywer en skepper van Tarzan († 1950).
- 1913 – Harlan Parker Banks, Amerikaanse paleobotanis († 1998).
- 1921 – Willem Frederik Hermans, Nederlandse skrywer († 1995).
- 1923 – Rocky Marciano, swaargewigbokskampioen van die wêreld.
- 1935 – Dawid Kruiper, 'n tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari († 2012).
- 1935 – Sheugnet Buys, Afrikaanse skrywer en dramaturg.
- 1957 – Gloria Estefan, Kubaanse-Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1965 – Craig McLachlan, Australiese akteur en sanger.
- 1975 – Maryana Iskander, sedert 5 Januarie 2022 die nuwe uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting.
- 1994 – Carlos Sainz jr., Spaanse Formule Eenrenjaer.
- 1996 – Zendaya, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
- 1159 – Pous Adrianus IV, die 169ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1100).
- 1557 – Jacques Cartier, Franse ontdekkingsreisiger (* 1491).
- 1648 – Marin Mersenne, Franse teoloog, wiskundige en filosoof (* 1588)
- 1715 – Lodewyk XIV van Frankryk die "Sonkoning", na 72 jaar se heerskappy, langer as enige ander belangrike Europese monarg (* 1638).
- 1950 – Fritz Kampers, Duitse akteur en regisseur (* 1891).
- 1953 – Jacques Thibaud, Franse violis (* 1880).
- 1957 – Dennis Brain, Britse virtuoos horingspeler (* 1921).
- 1961 – Eero Saarinen (50), Fins-Amerikaanse argitek
- 1967 – Ilse Koch, die vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald (* 1906).
- 1967 – Siegfried Sassoon, Engelse leërkaptein, joernalis en digter (* 1886).
- 1970 – François Mauriac, Franse skrywer (* 1885).
- 1981 – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening (* 1905).
- 1982 – Władysław Gomułka, Poolse politikus (* 1905).
- 2010 – Cammie King, Amerikaanse aktrise (* 1934).
- 2016 – Jon Polito, Amerikaanse akteur (* 1950).
- 2019 – Attie du Plessis, sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam (* 1944).