2004
Die jaar 2004 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 4de jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Lys van bekende Suid-Afrikaners
'n Lys van bekende Suid-Afrikaners wat op verskeie gebiede bydraes gelewer het, hetsy in Suid-Afrika of die buiteland.
Bengaalse nasionale krieketspan
Die Bengaalse nasionale krieketspan, met die bynaam The Tigers, is die nasionale krieketspan wat Bangladesj in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Bengaalse Krieketraad. Bangladesj is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Bangladesj het sy eerste toetswedstryd in November 2000 teen Indië in Dhaka gespeel en sodoende die tiende nasie, en die vierde in Asië, met toetsstatus geword.
21 Januarie
21 Januarie is die 21ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 344 dae in die res van die jaar.
Angela Merkel
Angela Dorothea Merkel het van 22 November 2005 tot en met 8 Desember 2021 as eerste minister ("bondskanselier") van Duitsland gedien.
Spoorloos
Spoorloos is 'n TV-dramareeks, geïnspireer deur Daddy Longlegs, 'n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann. Die reeks is vanaf 9 Oktober 2018 op KykNET uitgesaai.
- Elke seisoen van die reeks bevat 'n nuwe storielyn en nuwe karakters.
- Seisoen 1: Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis 'n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar na dertien jaar se onopgeloste raaisels keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om hom op te spoor, moet 'n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap. Terselfdertyd is daar ook drie kinders van die dorp wat die monster probeer vastrek, met familie-intriges soos net 'n klein dorpie kan hê.
- Seisoen 2: In hierdie seisoen word die storie vertel met nuwe karakters, en ook sy eie, nuwe storielyn. Adam se ontwaking wek baie belangstelling, maar nie almal is ewe bly dat dit gebeur het nie. Daar is 'n vrou wat in die hospitaal rondsluip en die dokter is oënskynlik baie senuagtig. Wanneer Adam later 'n traumatiese gebeurtenis onthou, besluit hy om self te probeer uitvind wat die aand van die motorongeluk gebeur het. Het dit enigiets te doen met die skoolmeisies wat van heksery verdink is?
- Seisoen 3: ’n Baba verdwyn van ’n plaas in die Noord-Kaap. Haar ouers word dood aangetref. Beide die oppasser en die baba is spoorloos. Wat het daardie verskriklike nag gebeur? Wie het die ouers vermoor en hoekom is die dogtertjie ontvoer?
- Seisoen 4: Stefan Claassen se lewe word in chaos gedompel wanneer 'n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom in 'n web van bedrog intrek wanneer sy vermis raak.
McLaren
McLaren Racing Limited is 'n Britse motorsportspan met 'n lang geskiedenis sedert 1963. Hulle neem aan Formule Eenwêreldkampioenskapsrenne deel en gebruik tans (2021–) Mercedes-Benz se E Performance-enjins in hulle renmotors, nadat hulle in 2018 en 2019 Renault se F1-enjins gebruik het. Die span het tot in November 2017 Honda-enjins gebruik, maar was ontevrede met dié se werkverrigting en wedrenbetroubaarheid.
Vitalik Buterin
Vitaly Dmitriyevich "Vitalik" Buterin is 'n Russies-Kanadese programmeerder en skrywer wat veral bekend is as een van die medestigters van Ethereum. Buterin het vroeg in die ontstaan van kriptogeldeenhede daarby betrokke geraak en Bitcoin Magazine in 2011 gestig.In 2014 het Buterin Ethereum van stapel gestuur.
Haas F1-span
Die Haas F1-span behels die Formule Eenwedrenbedrywighede van die Haas-firma. Die span se ontwikkeling- en fabriekswerke is in Kannapolis in Amerika gesetel, maar hulle het fasiliteite vir wedrenvoorbereiding in Banbury, Verenigde Koninkryk asook Maranello, Italië.