Ranger 5
Ranger 5 was 'n onbemande ruimtetuig wat deel was van die Ranger-program en ontwerp is om foto's van die maan se oppervlak na aardstasies te stuur gedurende die laaste tien minute van die vlug, om 'n seismograaf met 'n harde landing op die maan se oppervlak te plaas, om invlug gammastralingdata te versamel, radarweerkaatsing op die maan se oppervlakte te ondersoek en om die toetsing van Rangertoerusting voort te sit as deel van die ontwikkeling van maan- en interplanetêre ruimtevaart. As gevolg van 'n onbekende probleem het die ruimtetuig se elektrisiteit opgeraak en het dit opgehou om te funksioneer. Dit het binne 725 km van die maan af verbybeweeg.
Red Bull Racing
Red Bull Racing is 'n Oostenrykse Formule Eenmotorrenspan wat se werke in Milton Keynes in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Een-wêreldkampioenskap deel en maak sedert 2019 gebruik van Honda se F1-enjins in hulle renmotors, nadat hul voorheen Renault-enjins gebruik het.
Emmanuel Macron
Emmanuel Jean-Michel Frédéric Macron is 'n Franse politikus. Sedert 14 Mei 2017 dien hy as President van Frankryk en medeprins van Andorra. Macron is in die presidensiële 2022-verkiesing herkies vir 'n tweede termyn as president van Frankryk, die eerste president wat in byna twintig jaar herkies is.
Pous Franciskus
Pous Franciskus is die 266ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad. Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklawe wat gehou is ná die aftrede van Pous Benedictus XVI. Tot sy verkiesing het Jorge Mario Bergoglio as aartsbiskop en kardinaal-priester van Buenos Aires gedien. Die naam ‘Franciskus’ beteken 'die vrye'.
2021 Aboe Dhabi Grand Prix
Die 2021 Formule Een Aboe Dhabi Grand Prix het op 12 Desember 2021 op die Yas Marina-renbaan in Aboe Dhabi plaasvind. Dit was die twee-en-twintigste en laaste wedren van die 2021-kampioenskapseisoen gewees.
Adele
Adele Laurie Blue Adkins, beter bekend as slegs Adele, is 'n Engelse sangeres en liedjieskryfster. Haar eerste twee albums, 19 en 21, het groot kommersiële sukses behaal en is ook deur kritici gunstig ontvang. Sy is met 'n aantal Grammys bekroon en het as liedjieskryfster ook 'n Oscar vir Skyfall, die titellied vir die gelyknamige James Bond-rolprent, ingepalm, terwyl haar plateverkope tientalle miljoene wêreldwyd beloop en van haar een van die suksesvolste popsterre van die 21ste eeu gemaak het.
TGV
Die TGV is die Franse hoëspoedtrein, wat deur die maatskappy Alstom gebou word - dikwels in samewerking met die Kanadese maatskappy Bombardier. Hy word in Frankryk as 'n nasionale simbool beskou en is nou die mees suksesvolle sneltrein in Europa.
Frankryk
Frankryk, amptelik die Franse Republiek, is 'n sentralistiese, demokratiese republiek in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Spanje en Andorra.
Mick Schumacher
Mick Schumacher is 'n Duitse renjaer wat in die Formule Een-kampioenskapsreeks vir die Haas F1-span jaag en ook lid is van die Ferrari Driver Academy. Hy begin sy loopbaan in knortjorre (karting) in 2008 en vorder tot die Duitse ADAC-formule 4 in 2015. Nadat hy die FIA F3 Europese kampioenskap in 2018 gewen het, het Schumacher in 2019 tot Formule 2 gevorder en die daaropvolgende jaar die Formule 2-kampioenskap gewen. In 2021 skuif hy op na Formule Een vir Haas.