Celtic FC
Celtic FC is 'n Skotse sokkerklub uit Glasgow, wat in die Scottish Premier League speel. Die span se tuisveld is Celtic Park . Die klub is oorspronklik katoliek en is bekend vir die derby teen hulle protestantse mededinger, Glasgow Rangers. Hierdie wedstryd is bekend as die Old Firm. Celtic het 43 keer die Skotse titel gewen en een keer die Europese beker verower.
Eric Clapton
Eric Patrick Clapton is 'n Britse kitaarspeler en sanger, ook genoem slowhand of, gedurende die 1960's, god. Hy het in die 1960's as 'n blues-musikant gewild geword en talle albums opgeneem. Van sy bekendste treffers sluit in "Layla" en "I Shot the Sheriff".
Lys van filosowe
'n Filosoof beoefen die studie van filosofie
Heerhugowaard
Heerhugowaard is 'n stad in die streek Westfriesland in die Nederlandse provinsie Noord-Holland.
Ferdinand Marcos
Ferdinand Emmanuel Edralin Marcos was 'n Filippynse politikus en onafhanklikheidsaktivis. Hy was van 1965 tot 1969 en van 1969 tot 1986 president van die Filippyne. Hy was tussendeur ook eerste minister en minister van verdediging.
Neville Chamberlain
Arthur Neville Chamberlain (1869–1940) was ’n Britse politikus van die Konserwatiewe Party wat in 1937 tot Eerste minister van die Verenigde Koninkryk verkies is. Hy is gekritiseer oor sy paaibeleid jeens Adolf Hitler en die Britse militêre mislukkings aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog. In 1940 het Winston Churchill hom as premier vervang.
Senegal
Senegal, amptelik die Republiek Senegal, is 'n land suid van die Sénégalrivier in Wes-Afrika. Senegal word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, Mauritanië in die noorde, Mali in die ooste en Guinee en Guinee-Bissau in die suide. Gambië vorm 'n enklawe binne Senegal om die Gambiërivier vir meer as 300 km in die binneland in. Die Kaap Verde-eilandgroep lê ongeveer 560 km wes van die Senegalese kus af.
Volkebond
Die Volkebond was 'n internasionale organisasie wat gestig is om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig. Dit is op 25 Januarie 1919 gestig op basis van die Verdrag van Versailles en gevestig in Genève. Tussen 28 September 1934 en 23 Februarie 1935 het die Volkebond met 58 lidlande sy grootste uitbreiding gehad. Die amptelike tale was Engels, Frans en Spaans.
Amber Heard
Amber Heard is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Rum Diary (2011), Drive Angry (2011), Machete Kills (2013), en 3 Days to Kill (2014).