Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Hier volg ’n alfabetiese lys van bekende of andersinds noemenswaardige Suid-Afrikaanse musikante.
Hannover 96
Hannover 96 is 'n sportklub uit Hannover hoofstad van die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook afdelings vir atletiek, gimnastiek, pluimbal, tennis, tafeltennis, biljart en driekamp.
Little Mix
Little Mix is 'n musiekgroep wat in 2011 in Brittanje tot stand gekom het. Die groep bestaan uit Perrie Edwards, Jesy Nelson, Leigh-Anne Pinnock en Jade Thirlwall. Little Mix het die TV-kompetisie The X Factor in 2011 met hulle liedjie "Cannonball" gewen. Hulle het wêreldwyd bekendheid verwerf met die uitreiking van hul nommereenenkelsnit "Wings", gevolg deur hul debuutalbum, DNA, in 2012. Die groep het meer as 3 miljoen albums verkoop.
Dynamo Dresden
SG Dynamo Dresden is ’n Duitse sokkerklub uit die stad Dresden.
SV Werder Bremen
Werder Bremen is 'n sportklub uit die stad Bremen in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker het die klub het ook afdelings vir onder meer atletiek, handbal, skaak, tafeltennis en gimnastiek.
Hertha BSC
Hertha BSC is 'n sportklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir tafeltennis, boks, yshokkie en strandvlugbal.
VfL Bochum
VfL Bochum is 'n Duitse sportklub uit die Wesfaalse stad Bochum wat veral bekend is om sy sokkerafdeling. Naas sokker het VfL Bochum die volgende afdelings: pluimbal, basketbal, skerm, hokkie, atletiek, handbal, swem, dans, tennis, tafeltennis, gimnastiek en vlugbal.
Eurovision-sangfees
Die Eurovision-sangfees is 'n sangkompetisie wat sedert 24 Mei 1956 jaarliks in die Europese Uitsaai-unie (EBU) aangebied word. Die kompetisie is gegrond op die bestaande Sanremo Musiekfees sedert 1951 in Italië. Van die beroemde vorige wenners sluit in ABBA en Céline Dion.
RB Leipzig
RB Leipzig is 'n sokkerklub uit Leipzig in die deelstaat Sakse in Duitsland.