Proteas
Die Proteas is Suid-Afrika se nasionale krieketspan en word deur Krieket Suid-Afrika (KSA) geadministreer. Die Proteas is na die koningsprotea, die nasionale blom van Suid-Afrika, genoem. Krieket is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die Proteas behoort tot dié land se vernaamste nasionale spanne. Suid-Afrika is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en neem aan toetskrieket sowel as Internasionale eendagwedstryde (EDI) en Twintig20 (T20I) deel. Die Proteas is tans vierde op die IKR-toetsranglys, vyfde op die eendagranglys en vyfde op die Twintig20-wêreldranglys.
BV Borussia Dortmund
Borussia Dortmund is 'n sportklub in Dortmund in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub het ook 'n handbal- en 'n tafeltennisafdeling.
Eurovision-sangfees 2014
Die 59ste Eurovision-sangfees sal tussen 6 en 10 Mei 2014 in die Deense hoofstad Kopenhagen plaasvind. Nadat Emmilie de Forest met haar liedjie Only Teardrops op 18 Mei 2013 as wenner van die 58ste Eurovision-sangfees in Malmö, Swede aangewys is, het die Deense uitsaaikorporasie Danmarks Radio (DR) opdrag gekry om die volgende sangfees te organiseer. Dit is die derde keer dat Denemarke as gasheer van die sangfees optree nadat Skandinawië die sangfees twee keer, in 1964 en 2001 georganiseer het.
AFC Ajax
AFC Ajax of Ajax is 'n sokkerklub in Amsterdam, Nederland. AFC is 'n afkorting vir Amsterdamsche Football Club. Die klub is op 18 Maart 1900 gestig.
Wladimir Poetin
Wladimir Wladimirowitsj Poetin is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig.
Roeslana
Roeslana Stepaniwna Lizjitsjko, bekend as Roeslana of Ruslana, is 'n Oekraïense sangeres, danseres, musiekvervaardiger, komponis en politikus. Sy is 'n wenner van die World Music Awards en die Europese musiekkompetisie Eurovision 2004. Van haar musiek is gebaseer op die kultuur van die Hoetsoels, 'n bergvolk van die Karpate.
PSV Eindhoven
PSV is 'n professionele sokkerklub in Eindhoven wat op 31 Augustus 1913 as sportvereniging vir Philips se werknemers gestig is. Die span se tuisveld is die Philips Stadion. PSV is al 24 keer as die kampioen van Nederland gekroon. Hulle het ook in 1988 die Europa-beker gewen en negen keer die nasionale beker huis toe geneem. Sedert seisoen 2013/14 speel hulle tweede span in die Eerste divisie.
Feyenoord
Feyenoord is 'n sokkerspan in die stad Rotterdam in Nederland. Feyenoord is in 1908 gestig.
AZ Alkmaar
AZ is 'n sokkerspan in die Nederlandse dorp Alkmaar, wat in die Eredivisie speel. AZ speel sy tuiswedstryde in die AFAS Stadion. Die klub het twee keer die nasionale titel gewen. Die eerste keer het die klub geld van die eienaars Cees en Klaas Molenaar gekry. Die tweede keer van eienaar Dirk Scheringa. Tans het die klub nie 'n ryk eienaar nie.