Annie Leibovitz
Anna-Lou Leibovitz is 'n Amerikaanse portretfotograaf wat bekend is vir haar innemende portrette, veral van bekendes, wat dikwels mense in 'n intieme omgewing en posisies uitbeeld. Leibovitz se Polaroid-foto van John Lennon en Yoko Ono, wat vyf uur voor die moord op Lennon geneem is, word beskou as een van die tydskrif Rolling Stone se beroemdse voorbladfoto's.
KAA Gent
KAA Gent is 'n Belgiese sportklub in die stad Gent wat veral vir sy sokkerafdeling bekend is. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer gimnastiek, atletiek, boks, krieket, fietsry, skermkuns, hokkie, swem, waterpolo en tennis.
Melinda Gates
Melinda French Gates is 'n Amerikaanse filantroop en voormalige rekenaar wetenskaplike en hoofbestuurder by Microsoft. Sy is deurgaans deur Forbes as een van die wêreld se magtigste vroue aangewys.
Drake (musikant)
Drake is 'n Kanadese-amerikanse akteur en komponis. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Ice Age: Continental Drift (2012), Anchorman 2: The Legend Continues (2013), en Game Night (2018), en in die televisiereeks Degrassi: The Next Generation (2001).
Randstad
Die Randstad is 'n gebied in Nederland wat die grootste stede van die land omvat en wat grotendeels as een stad aan mekaar gegroei het. Dié gebied het ongeveer 8 miljoen inwoners.
14 Augustus
14 Augustus is die 226ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 139 dae in die res van die jaar.
Eskom
Eskom isSuid-Afrika se nasionale elektrisiteitsverskaffer wat 95% van die elektrisiteit in Suid-Afrika opwek. Dit het in 1923 tot stand gekom as die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, afgekort as Evkom.. Die organisasie het in 1986 sy naam verander na Eskom, 'n samesmelting van die Afrikaanse en Engelse afkortings en word nie langer deur 'n kommissie beheer nie. Die Suid-Afrikaanse regering is tans die enigste aandeelhouer.
WHL0137-LS
WHL0137-LS, ook bekend as Earendel, is 'n ster in die sterrebeeld Walvis wat in 2022 deur die Hubble-ruimteteleskoop ontdek is. Dit is die oudste en verste bekende ster, op 'n afstand van 28 miljard ligjare. Die voorheen verste bekende ster, onder meer bekend as Icarus, was 14,4 miljard ligjare van die Aarde af. Dit is in 2018 deur Hubble ontdek.
Kanada
Kanada, histories die Dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 'n bevolking van sowat 38 miljoen. Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede wat as 'n federale parlementêre demokrasie en grondwetlike monargie geregeer word. Die huidige konfederasie het sy oorsprong in die Dominion of Canada wat op 1 Julie 1867 as selfregerende gebied binne die destydse Britse Ryk gestig is.