Coerney
Coerney is ‘n spoorwegstasie net noord van die dorp Addo 27 op die spoorlyn van Port Elizabeth na die binneland.
Die halte is by nagenoeg 33° 27′ suid en 25° 43′ 12″ oos, in die vallei van die Sondagsrivier en 64km van die stad op die spoorlyn wat deur die Addo-olifant Nasionale Park loop na Cradock en Rosmead.
Vroeë reisigers het die omgewing Hoenderkraal genoem weens die aanwesigheid van so baie “parelhoenders”, die Nederlands vir tarentaal. Op 17 Mei 1752 besoek vaandrig August Beutler die kontrei. Sy dagboekskrywer Carl Haupt skryf dat die plaaslike bewoners dit ken as Koernoe, ‘n woord met die betekenis van “klein bos”. Dit het in die mond van die setlaars Coerney geword.
In Maart 1936 het ‘n trop olifante uit die park gekom en die stasie beset. Dit het tot groot konsternasie gelei en die treinverkeer vir ‘n tyd tot stilstand gedwing.
Bibliografie
- Boonzaaier, Boon: Spore oor die veld – ‘n spoorwegsafari deur Suider-Afrika. Warmbad: J.N.C. Boonzaaier, 2008. ISBN 978-0-620-41712-9
- Logie, Bartle: Sundays – Tales from a Wandering River. Port Elizabeth: Bluecliff. 2011. ISBN 978-0-9870017-2-6
- Raper, Peter E.: Dictionary of Southern African Place Names. Internet: archive.org/details/DictionaryOfSouthernAfricanPlaceNames