Umbilorivier
Umbilorivier | |
---|---|
Stroomgebied | KwaZulu-Natal 27 Suid-Afrika |
Oorsprong | Kloof |
Monding | Durban-hawe Indiese Oseaan |
Oorsprong-hoogte | 560 m |
Monding-hoogte | 0 m |
![]() ![]() Umbilorivier |
|
Koördinate: 29°51′S 30°58′O / 29.850°S 30.967°O / -29.850; 30.967Koördinate: 29°51′S 30°58′O / 29.850°S 30.967°O / -29.850; 30.967 |
Die Umbilorivier is 'n belangrike rivier wat sentraal-oos in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika vloei. Die rivier ontspring in Kloof wes van die stad Durban en mond in die Durbanse hawe.
Die Umbilorivier vorm deel van die Durban Metro se d'Moss-roete en bewaringspogings.
Omgewingskwessies
In 2015 het inwoners gekla oor die voortdurende besoedeling van die rivier die afgelope twee jaar, insluitend 'n verskriklike stank en 'n kleurverandering na "smurfblou".[1] In Oktober 2020 is hoë vlakke van E. coli in die rivier bespeur, weens 'n wanfunksie by 'n rioolpompstasie.[2] 'n Week later is 100 duisende liter ru-olie in die Umbilorivier gestort.[3][4]
Daar is reeds in Julie 2020 met 'n petisie[5] deur Greenpeace Africa en die uMbilo River Watch-gemeenskapsgroep begin om die hewige besoedeling stop te sit.[6]
Verwysings
- ↑ Tsinde, Sanelisiwe (2015-11-08). "Umbilo River turns blue". Highway Mail. Besoek op 2022-06-01.
- ↑ Majola, Nokulunga (2020-10-12). "Environmentalists raise concern over polluted Durban river". Besoek op 2022-06-01.
- ↑ Rall, Se-Anne (2020-10-20). "LOOK: Thousands of litres of crude oil spills into Umbilo River". Besoek op 2022-06-01.
- ↑ Majola, Nokulunga (2020-10-21). "Massive oil spill in Umbilo River". Besoek op 2022-06-01.
- ↑ Pillay, Delwyn (2020-07-08). "Stop the Ecocide of the uMbilo River". vuma.earth. Besoek op 2022-06-01.
- ↑ "Greenpeace volunteers demand end to ecocide of uMbilo River". Berea Mail. 2020-07-17. Besoek op 2022-06-01.